Amos

Materiaal

1. Invaltyd

Klein A-6 boekies
‘n Poging om invaltyd sinvol te benut as ‘n opleidingsgeleentheid

Doel:
Skrif-gebaseerde dagstukkies wat moet lei tot oordenking in die werk, en neerslag moet vind in dade. ‘n Nuttige stukkie toerusting in die hand van die boer/werkgewer.

Boekie 1 Sentrale Waarheid: Jy verteenwoordig God. Jy is belangrik
Vier 5-dag werkweke = 20 dae)

Week 1: Jy is belangrik (want God het jou gemaak, ens.)
Week 2: Jy het ‘n belangrike opdrag (jy moet God verteenwoordig, ens)
Week 3: God help jou om sy opdrag uit te voer
Week 4: Ander mense is ook belangrik

Boekie 2 Sentrale Waarheid:
Plaasreëls vir God se boer en God se mense op God se grond. (Om God hééldag in die landbou te dien – 35 dae)

Dag 1-10 - Reël 1 Ons moet eerbied en ontsag vir God hê
Dag 11-19 - Reël 2 Ons moet eerbied en respek vir mense hê
Dag 20-21 - Reël 3 Ons moet respek hê vir ons omgewing
Dag 22-23 - Reël 4 Ons moet respek hê vir plante en diere
Dag 24-25 - Reël 5 Ons moet respek hê vir eiendom
Dag 26-28 - Reël 6 Ons moet respek hê vir ons werk
Dag 29 - Samevatting
Dag 30 - Lees getuienisse in boekie oor reël 1
Dag 31-35 - Geleentheid vir persoonlike getuienisse

Boekie 3 Sentrale Waarheid: God vergewe sonde (21 dae)
Deel 1 - Waar kom sonde vandaan? (Dag 1-5)
Deel 2 - Wat is sonde? (Dag 6-11)
Deel 3 - God vergewe sonde! (Dag 12-16)
Deel 4 - Sonder bloed word sonde nie vergewe nie. (Dag 17-21)

Boekie 4 Sentrale Waarheid: God vergewe sonde. Beleef dit! (26 dae)
Deel 1 - Skuldig! Wat nou? (Dag 1-3)
Deel 3 - Aanvaar die versoening(Dag 19)
Deel 4 - Leef uit dankbaarheid (Dag 20-24)
Deel 5 - Samevatting: So glo ons!(Dag 25-26)

2. Plaasgodsdiens:
Hierdie is ‘n kursus wat bespreek, geleer en gedoen moet word, maar kan aangepas word volgens die werkgewer se behoeftes. 24 studiestukkies (in een A4-boek saamgevat) wat daarop gerig is om die basiese boodskap van die Bybel met behulp van die Woordlose boekie aan mense oor te dra.

Studiestukke:
1-4 Goud
5-7 Vuil
8-10 Rooi
11-15 Skoon
16-22 Groen
23-24 Blou
(Sluit ook ‘n stel met 24 A4-flitskaarte en sentrale waarhede in) Woordlose Boekie

A/7 boekie: Die sentrale boodskap van die Bybel in ses hoofpunte saamgevat mbv ‘n spesifieke kleur – geen woorde/prente.
Goud - God is Koning
Vuil - Sonde maak jou lewe vuil
Rooi - Jesus se bloed
Skoon - Kinders van God se sonde word afgewas
Groen - Geestelike groei
Blou - Wederkoms

A6 boekie: verduidelikende nota’s – 6 kleure word met Bybeltekste toegelig – beskikbaar in verskillende tale.
A3 boekie: 1 plakkaat per kleur – met prente toegelig.

3. Grondwaarhede van die Woord
Die doel van die kursus (9 A5-boekies van ongeveer 50 bl’e elk) is om mense die basiese geloofwaarhede op so ‘n eenvoudige en praktiese manier te leer dat hulle dit sal verstaan en aanvaar en dan tot eer van God sal leef. Maak ook gebruik van Woordlose Boekie en Plaasgodsdiens.

Kursus 1 God het jou lief ten spyte van jou sonde
Kursus 2 Net Jesus kan jou red
Kursus 3 Leer Jesus al beter ken
Kursus 4 Jy kan seker wees dat jy verlos is
Kursus 5 Die Persoon en werk van die Heilige Gees
Kursus 6 Lees en gehoorsaam die Bybel
Kursus 7 Gebed en belydenis van sonde
Kursus 8 Getuig en groei saam met ander kinders van die Here
Kursus 9 Die wederkoms van Jesus Christus