Amos

AMS Logo

Onderrig op God se manier

Visie:
Om vir elke boer in Namibië die geleentheid te gee om ’n kleuterskool op sy plaas te begin, sodat elke voorskoolse kind op elke plaas in Namibië die kans sal hê om sy/haar Verlosser te leer ken deur middel van Christus-gesentreerde onderwys en om skoolgereed te wees.

Die doel van die projek is verder om ander informele kleuterskole wat nie ’n leerplan het nie of wie se leerplan nie gepas is vir hulle omstandighede nie, van so ’n leerplan te voorsien ten einde te verseker dat leerders opvoedkundig gereed is vir graad 1. Hierdie leerplan is gebaseer op Bybelse beginsels.

Missie:
Ons het ’n Christelike leerplan en opleidingsprogram opgestel op so ’n wyse dat  dit moontlik sal wees vir ’n opgeleide "onderwyser" om ’n klein kleuterskool te bestuur vir die kinders op 'n plaas of in ’n informele nedersetting. Die projek word bedryf onder die vaandel van die Namibia Life Change Centre Foundation (NLCCF) en Amos Meerkat Skole (AMS) wat verantwoordelik is vir die leerplan en ’n gedeelte van die materiaal wat die leerplan sal voorsien, insluitend twaalf module-werkboeke vir elke leerder. Ons doen dit deur vennootskappe met plaaslike kerke, besighede en boere, en onder beskerming van Amos Namibië.

Hoe werk ons:
Ons is ’n interkerklike organisasie en ’n artikel 21-maatskappy met ’n roeping; nie ’n geldmaak- of professionele vereniging nie.Die doel is nie om werk te skep vir die werkloses nie, maar eerder om mense toe te rus met waardevolle vaardighede. Ons doel is ook nie om in   breuk te maak of in temeng by die regering se onderwysstelsels nie. Ons fokus is op God se kinders, al kos dit ons alles. As sodanig gaan ons nie skole bou of salarisse betaal nie.

Elke onderwyser by ’n AMS-skool moet twee een week lange IMG 5651 kopie opleidingsessies bywoon, ses maande uit mekaar. (Een in November en een in Mei.) Onderwysers wat die kinders leer, sal opgelei word in die gebruik van die leerplan, en kundige, plaaslike toesighouers/mentors op elke dorp sal die skole ongeveer een keer per maand besoek om die implementering van die leerplan te moniteer.

Die eienaar van die plaas waar so ’n plaasskool funksioneer sal as monitor optree en sal verantwoordelik wees vir die volgende:

  1. Om ’n ma en toekomstige onderwyseres (juffrou) vir opleiding te stuur.
  2. Om ’n kamer/fasiliteit te voorsien waar die kinders onderrig kan ontvang.
  3. Om meubels vir die klaskamer/skool te voorsien (tafels, stoele, rakke/kaste en skryfborde, om maar 'n paar te noem).
  4. Om die juffrou se salaris te betaal (die eienaar kan die plaaslike kerk vra om hiermee te help).
  5. Om toesig te hou oor die juffrou – om seker te maak dat sy verstaan wat om te onderrig.
  6. Om seker te maak dat die geld (skoolgeld) aangeteken en behoorlik aangewend word. Ons stel skoolgeld van N$10 per kind per maand voor.
  7. Om aan die einde van die jaar ’n kort verslag in te vul en die aanwesigheidsregister vir elke kind te teken.
  8. Om die aansoekvorm om ’n skool op sy plaas te begin te teken.

Ons wil graag dankie sê aan elkeen wat help om hierdie droom 'n realiteit te maak, spesiaal ook aan al ons groot borge:

FNB

Namibia Media Holdings

pointbreak logo

                                                           

 

 

Waltons Logo

 

faanbergwinckler