Amos

Waardes:
Ons glo dat alle mense na die beeld van God geskep is en daarom met respek behandel en in liefde gedien moet word, ongeag hulle geloofsverbintenis, sosiale status, geslag, ras, ouderdom, MIV/Vigs status, besondere vermoëns of gestremdheid, of politieke affiliasie.

Doelstellings:
God se boer, saam met God se mense, op God se grond, tot God se eer.  
Die verlossing en koningskap van Christus moet dus deur almal op elke plaas begryp, aanvaar en uitgeleef word.

  • Christus-gesentreerde Landbou
  • Dit is om Christus se koningskap nie net tot die kerklike en godsdienstige lewe van mense te beperk nie, maar dit ook op elke terrein in die landbou te erken en uit te leef.  Dit is dus ons doel om elke landbouer op te lei en toe te rus om God 24 uur van elke dag te verheerlik, deur die beginsels uit sy Woord deurlopend op elke lewensterrein toe te pas.
  • Professionele ondersteuning
  • Aan die landbougemeenskap en Christelike kerke op die platteland met die fokus op die ontwikkeling van mense en die geestelike/sosiale heropbou in landelike gebiede.
  • Omvattende bemagtiging
  • Om te verseker dat Bybelse beginsels en –riglyne prakties toegepas word in die grondhervormingsproses.  Om verder ‘n bydrae te lewer met betrekking tot die omvattende bemagtiging van alle rolspelers met die oog op die effektiewe, volhoubare en Christelik verantwoordbare benutting van landbougrond, ten einde Afrika en al sy mense te voed.